Kar Versekering
Motor versekering (karversekering) is dekking wat jou uitbetaal in die geval waar jou motor gesteel of beskadig word. Omvattende motor versekering is die beste en duurste dekking beskikbaar. Daar is verskeie tipes motor versekering polisse op die mark om voorsiening te maak vir elke individu se behoeftes en begroting.
Derde party motor versekering is goedkoper en ‘n laer vlak van dekking vir mense met ’n kleiner begroting. Dit dek ongeluk skade herstelwerk aan die ander persoon se voertuig as die ongeluk jou skuld was. Die kostes vir jou motor skade herstelwerk word nie gedek nie en jy sal dit self moet betaal. Vir addisionele voordele is die derde party met brand en diefstal polis ’n beter opsie. Dit dek jou voertuig nie teen ongeluk skade nie, maar sal uitbetaal vir die brand en diefstal van jou voertuig.
Ouderdom speel ’n belangrike rol in motor versekering en dit dra by tot jou risikoprofiel. Mense jonger as 25 jaar betaal meer vir motor versekering omdat hulle as ’n hoër risiko beskou word.