Bestuurders jonger as 25 jaar betaal gemiddeld ongeveer 30% meer vir hul motorversekering.

Jong bestuurders word as ‘n hoë risiko beskou as gevolg van hul onervaring agter die stuurwiel. Dit beteken dat premies vir motorversekering vir hierdie ouderdomsgroep hoër is, aangesien maatskappye voorsorg tref teen die risiko om die ouderdomsgroep 18 – 25 te verseker.

Wat is die verskillende soorte motorversekering beskikbaar vir jong bestuurders?

Omvattende motorversekering bied uitgebreide dekking as jou motor gesteel, gekaap, beskadig is tydens ‘n ongeluk of tydens ‘n natuurramp. Hierdie tipe dekking beskerm jou finansieel in ‘n ongeluk, of dit nou jou skuld is of nie.

Derdeparty-, brand- en diefstalversekering is soortgelyk aan die omvattende motorversekering, behalwe dat dit nie die koste vir skade aan jou voertuig tydens ‘n ongeluk dek nie. As jou motor gesteel, beskadig word deur diefstal of brand, sal jy gedek wees. Jy sal ook gedek word in die geval dat jy die voertuig van ‘n derde party beskadig.

Hoe kan jy as jong bestuurder bekostigbare motorversekering kry?

Die beste manier om die regte en goedkoopste versekering te vind, is om jou navorsing te doen. Moenie tevrede wees met die eerste prys wat jy sien nie. Vergelyk die pryse van verskeie motor versekeringverskaffers en vind die regte polis wat jou nie finansieel kwesbaar sal maak nie.  Die volgende punte sal jou help om te spaar op jou motorversekering.

KRY 'N KWOTASIE
Kar, SUV en Bakkie Verskering









  • As jy instem tot ‘n hoër bybetaling, kan jou maandelikse premie drasties verminder. Dink egter mooi, want jy moet seker wees dat jy ‘n groot enkelbedrag bybetaling kan bekostig as iets verkeerd loop.
  • Hoe laer die enjinkrag van jou motor, hoe veiliger word dit deur versekeringsmaatskappye geag. Kragtige voertuie word dikwels as gevaarliker beskou. Sny die kilowatt om die versekeringskoste te verlaag.
  • Baie versekeraars bied deesdae die opsie ‘betaal soos jy ry’, wat beteken hoe minder jy ry, hoe laer jou premie, gebaseer op die idee dat hoe minder tyd jy op die pad spandeer, hoe minder kans het jy op ‘n ongeluk.
  • Sekuriteit is ‘n groot saak vir versekeraars. Maak seker dat jy enige moontlike sekuriteitsfunksies, soos ‘n opsporingstoestel, by jou motor voeg. Jou premie sal ook verminder as jy jou motor oornag in ‘n toesluitmotorhuis parkeer in plaas van ‘n motorafdak of straat. Hoe meer veiligheidsmaatreëls jy tref, hoe groter is die impak op jou premie.

Motorversekering word gesien as ‘n noodsaaklike euwel.  Selfs al betaal jy kontant vir jou voertuig en jy is die versigtigste bestuurder, loop jy ‘n groot finansiële risiko as jy ‘n onversekerde voertuig bestuur.