Lewens Versekering

Lewens Versekering

Lewensversekering is ’n polis wat jou begunstigdes ’n enkelbedrag uitbetaal met jou afsterwe.  Die dekking verseker dat jou familie finansieel ondersteuning sal hê na jy nie meer daar is om te voorsien nie.  Die uitbetaling van lewensversekering wissel van tienduisende rande tot miljoene, afhangende van die bedrag wat jy jouself verseker het.

Die koste van lewensversekering wissel gebaseer op twee aspekte – die bedrag van die uitbetaling wat jy kies en jou risikoprofiel.  Hoe hoër die uitbetaling, hoe hoër die maandelikse premie.  Jou risikoprofiel word bepaal deur ’n reeks faktore.  Jou ouderdom, huidige gesondheidstatus, mediese geskiedenis, familiegeskiedenis en lewenstyl speel ’n belangrike rol.

Daarom word dit voorgestel om lewensversekering uit te neem so vroeg as moontlik in die lewe wanneer jou ouderdom en gesondheid nie so baie teen jou sal tel nie.  Hoe vroeër jy aansluit, hoe minder sal jy betaal in premies en hoe hoër kan jy die uitbetaling maak.