Omvattende versekering is die beste en duurste dekking op die mark in Suid-Afrika, maar dit is nie altyd die beste opsie vir iemand wat op ’n stywe begroting is en ’n 20-jarige ou skedonk ry nie.
Motorversekering vir ou voertuie
Derde party versekering is dikwels die beter keuse vir ou voertuie wat nie meer baie geldwaarde het nie. Derde party beskerm jou in die geval van ’n ongeluk wat jou skuld was. Die skade aan jou voertuig mag dalk nie duur wees nie, maar die ander voertuig kan dalk ’n duur luukse voertuig wees en die onkostes kan jou finansieel vernietig.
As jy nie kan bekostig om sonder vervoer te wees in die geval waar jou voertuig gesteel word of afbrand nie, is derde party met diefstal- en brand voordele ’n beter opsie. Jou voertuig sal nog steeds nie gedek wees teen ongeluk skade nie, maar te minste is jy gedek as jou voertuig gesteel word of afbrand.
Dieselfde geld vir veteraan of klassieke voertuie. Maar as die voertuig meer persoonlike as geldwaarde vir jou het, moet jy jou motor versekering versigtig oorweeg volgens jou begroting en behoeftes. Onthou net, met motorversekering kry jy waarvoor jy betaal.
Motorversekering vir klassieke voertuie
Gewone versekering is vir gewone motors. Die boekwaarde van ‘n gewone voertuig daal elke jaar, en so ook die totale bedrag wat die versekeringsmaatskappy in ‘n eis sal uitbetaal.
Goed onderhoude klassieke voertuie hou egter hul waarde en dikwels verhoog dit in waarde. Jy wil beslis die regte versekering hê, wat die werklike waarde van jou motor erken.
Dit is belangrik om die werklike waarde en toestand van jou motor onafhanklik deur ‘n handelaar of klub te laat bevestig. Jy wil beslis nie onderverseker wees nie.
Dit is redelik maklik om versekering te vind vir ‘n klassieke motor, en die premies is relatief laag. Maar jy moet gewoonlik ‘n spesialis versekeraar kontak.
Jy kan met jou plaaslike klassiekklub of medeversamelaars praat. Die daaglikse gebruik van die motor, bepaal dikwels die aard van versekering, en die meeste versekeringsmaatskappye het ‘n voorwaarde vir maksimum kilometers.