Diabetes is besig om vinnig te styg in Suid-Afrika en daarom is lewensversekering van kardinale belang om te verseker dat jou familie finansieel beskerm is in die geval van jou dood.

Diabete word beskou as ’n hoë risiko groep en is meer geneig om te eis.  Daarom is daar versekeraars wat nie dekking bied vir diabete nie.  Dieselfde geld vir mense met MIV/Vigs, maar daar is versekeraars wat spesifieke produkte bied vir diabete.  Hierdie tipe lewensversekering sal jou dek met die verstande dat jy jou diabetes goed bestuur met gereelde monitering.

Lewensversekering premies vir diabete is hoër as gevolg van hul hoë risikoprofiel.  Die versekeraar neem ’n groter risiko en daarom betaal diabete hoër premies vir lewensversekering.  Lewens versekeraars kan mediese toetse vereis voor dekking goedgekeur word.  As die versekeraar nie toetse vereis nie is dit belangrik dat jy jou diabetes toestand bekend maak.  As jy dit nie doen en dan later sterf as gevolg van jou toestand, sal die uitbetaling aan jou familie geweier word.