Sommige lewenspolisse vereis mediese toetse voor ’n polis aktief kan raak. Ander polisse vereis nie toetse nie, maar verlang aansoekers se volle persoonlike en familie mediese geskiedenis. Dit is belangrik om eerlik te wees met die informasie of die uitbetaling later kan geweier word as die versekeraar vind dat daar nie volle en waardige informasie gegee is nie.
In die geval waar jou versekeraar mediese toetse versoek voor die aanvang van die polis, betaal die versekeraar vir al die toetse. Die versekeraar sal al die betrokke vorms aan jou voorsien wat na die huisdokter of laboratorium geneem moet word.
Die tipe van toetse wat gedoen word is afhanklik van jou ouderdom, leefstyl, jou en jou familie se mediese geskiedenis. Die meeste toetse wat gedoen word sluit in bloed cholesterol, bloedglukose, MIV, lewerfunksie en kotinien (rokers).
Die resultate van jou toetse bepaal jou risikoprofiel. Sekere versekeraars sal dekking weier op grond van hierdie resultate, soos byvoorbeeld met MIV/Vigs. Maar daar is versekeraars wat mense met MIV dekking bied.