Die oomblik wat jy agterkom dat jou mediese fonds premie of debietorder onbetaald is, moet jy jou mediese skema dadelik in kennis stel.  ’n Onbetaalde premie beteken dat jou lidmaatskap onmiddellik opgeskort word en jy nie gedek is van daardie oomblik.

Sekere mediese fonds lede verkies om te wag tot hulle deur die skema in kennis gestel word dat hul lidmaatskap opgeskort is as gevolg van ’n onbetaalde premie.  Party mense vind eers uit van hul lidmaatskap opskorting wanneer hulle mediese dienste verlang en dan weggewys word.

KRY 'n KWOTASIE
Kies vanaf 12 mediese fondse








Hierdie situasie kan maklik reggestel word as jy die kontant het om die uitstaande premie/debietorder te betaal.  Kontak jou mediese skema en stel vas hoe jy ’n betaling kan maak.  Verseker dat jy ’n verwysingsnommer kry vir die oproep en enige ander e-pos korrespondensie met jou mediese skema.