Enige persoon van enige ouderdom kan aansoek doen om mediese fonds dekking in Suid-Afrika.  Mediese skemas diskrimineer nie teen ouderdom of gesondheidstoestand nie, hoewel sommige uitsluitings is in plek vir ’n bepaalde wagtydperk.

’n Mediese skema vereis dat die hooflid ten minste 18 jaar moet wees en dan kan die afhanklikes deel wees van die fonds ongeag van hul ouderdom.  As ’n vrou reeds ’n mediese fonds lid is dan is haar baba onmiddellik gedek met geboorte.

Senior burgers kan aansluit by ’n mediese fonds op enige ouderdom en sal nie dekking geweier word nie.  Dit is wel belangrik om te weet dat mediese fonds verskaffers wel ’n laat aansluitings fooi hef op die maandelikse premie vir mense wat aansluit by ’n skema na die ouderdom van 35.  Die fooi is ’n boete vir laat aansluiting.  Dit geld nie as ’n persoon oorskakel van een mediese skema na ’n ander nie.

KRY 'n KWOTASIE
Kies vanaf 12 mediese fondse








Mediese skemas hef nie hoër maandelikse premies vir senior burgers nie.  Die skema sal net ’n wagtydperk in plek hê as jy ’n voorafbestaande toestand het ten tyde wat jy aansoek doen vir ’n mediese fonds.