Dis baie belangrik dat ’n pasgebore baba mediese fonds dekking het die oomblik met geboorte.  Sonder mediese dekking sal dit moeilik wees om jou baba gehalte gesondheidsorg te bied.

Babas is broos en het gesondheidsorg nodig van die oomblik van geboorte en selfs maande na geboorte.  Omdat hul stelsel nog onvolwasse is, kan hulle geneig wees vir herhaalde siektes in die eerste paar maande van hul lewe.

Sodra jou baba gebore word, mag dit spesialiseerde sorg nodig hê in die geval dat enige komplikasie opduik.  Indien ’n baba vroeg gebore word, asemhalingsprobleme, geboorte defekte het of enige ander komplikasie ondervind gedurende die bevalling moet die baba na die neonatale waakeenheid (ICU vir pasgeborenes) gaan.  Die tydperk wat die baba hier moet spandeer kan ’n paar dae tot ’n paar maande wees en hierdie hoë vlak van mediese sorg kan duisende rande per dag kos.

KRY 'n KWOTASIE
Kies vanaf 12 mediese fondse








Selfs as jou baba geen komplikasies ondervind by geboorte is daar ‘n voortdurende behoefte aan gespesialiseerde sorg.  Jou baba sal die sorg van ’n pediater nodig het vir ’n minimum van 2 jaar.  Sonder ’n mediese fonds sal jy al die kostes kontant moet betaal, tensy jy kies vir ’n regering fasiliteit.