Enige persoon wat aansluit wat by ’n nuwe mediese fonds het ’n 3 maande algemene wagtydperk waar jy nie kan eis vir enige mediese uitgawes nie.

Geen persoon kan lidmaatskap geweier word ongeag van hul ouderdom of gesondheidstatus nie, maar vir voorafbestaande toestande is dekking uitgesluit vir die eerste 12 maande.  Jy moet nog steeds jou premies moet betaal vir die jaar, maar jy sal eers kan eis vir enige mediese rekening vir jou toestand na 12 maande.

Die 12 maande wagtydperk vir voorafbestaande toestande is nie net vir kroniese of akute siektes nie, maar geld ook vir swangerskap wat nie ’n siekte is nie.  Die wagtydperke is in plek om die versekerings maatskappy en sy huidige lede te beskerm teen mense wat net by die skema aansluit wanneer hulle dit nodig het.

KRY 'n KWOTASIE
Kies vanaf 12 mediese fondse








Die wagtydperk vir voorafbestaande toestande is nie van toepassing as jy skuif van een mediese skema na ’n ander een nie.  Dit is egter net geldig as jy ’n lid was vir meer as jy ’n jaar by jou vorige mediese skema.  As jy skuif van een mediese skema na ’n ander sal die algemene wagtydperk van 3 maande nog steeds in plek wees.