Baie werkgewers sluit mediese fonds dekking in as deel van jou vergoedingspakket as ’n bykomende bonus. Die maatskappy betaal slegs ’n gedeelte van die mediese fonds premie en die res van die premie word afgetrek van jou salaris. Die gedeelte wat die maatskappy betaal word ’n subsidie genoem.
Die subsidie wat jou werkgewer betaal kan wissel van 30% tot 66%. Dit is die keuse van jou werkgewer. Soms is die mediese fonds subsidie deel van die koste van die maatskappy (CTC) wat aangebied word in jou salaris pakket. Dit beteken dat jou werkgewer geen ekstra geld sal betaal nie en uiteindelik beïnvloed dit jou netto salaris.
Baie maatskappye in dieselfde bedryf groepeer saam om hul werknemers ’n eksklusiewe mediese fonds te bied. Dit staan bekend as ’n beperkte mediese fonds waar net werknemers van ’n spesifieke bedryf aan die mediese fonds skema kan behoort. Voorbeelde is Fish Med vir werkers in die visbedryf en Motohealth vir werkers in die motorbedryf.
As jy die geleentheid kry om ’n mediese fonds subsidie te ontvang, word dit aanbeveel dat jy dit neem. Dit is ’n goeie voordeel wat jou werkgewer bied en dit kan jou finansieel bystaan met mediese fonds dekking.