Soos mens ouer word, is die kanse om siek te raak of beseer te word groter. Daarom is mediese fonds vir pensioenarisse en senior burgers meer ’n behoefte as vir die jonger geslag. Met die hoë koste van mediese fonds in Suid-Afrika, kan baie mense dit nie bekostig nie. Daarom moet ’n hospitaal plan oorweeg word vir ’n sekere mate van beskerming.
’n Kontant terug hospitaal plan betaal jou kontant in die hand vir elke dag wat jy in die hospitaal oornag. Kontant terug hospitaal planne kan lidmaatskap weier op grond van ouderdom omdat dit ’n versekeringspolis is en nie ’n mediese fonds nie. Meeste planne dek nie mense bo 65 jaar nie.
’n Mediese fonds hospitaal plan betaal vir die behandeling wat jy ontvang in die hospitaal, insluitend konsultasie, toetse en so meer. Kroniese medisyne dekking maak ook nou deel uit van dié hospitaal plan. Mediese fonds hospitaal planne kan nie lidmaatskap weier op grond van ouderdom of gesondheidstoestand nie, maar daar mag implikasies wees in terme van koste en wagtydperke.
As jy ’n voorafbestaande toestand het ten tyde wat jy aanteken vir ’n hospitaal plan is daar ’n wagtydperk van een jaar in plek wat voorkom dat enige voordeel getrek kan word van die plan.