Om met MIV te leef kan duur wees, veral as jy toegang tot privaat gesondheidsorg wil hê. Die beste plan vir MIV-positiewe mense is omvattende dekking met buite-hospitaal voordele. As jy nie dit kan bekostig nie is ‘n mediese fonds hospitaal plan die beter opsie.
‘n Mediese fonds hospitaal plan dek jou hospitalisasie, die fooie van dokters en gesondheidspraktisyn vir die behandeling in die hospitaal en die medikasie vir MIV-verwante siektes. Mediese fonds hospitaal planne het ook ‘n kroniese medikasie-voordeel wat dekking bied vir antiretrovirale (ARV’s) en medisyne vir die behandeling en bestuur van MIV komplikasies.
‘n Hospitaal kontant terug plan bied jou persoonlike finansiële beskerming. Die polis betaal jou kontant vir elke dag wat jy in die hospitaal oornag en jy kan die kontant gebruik soos jy lus voel. Dit is nie ‘n mediese fonds nie. Die plan het ‘n paar voorwaardes, so dis belangrik dat jy die fyn skrif mooi lees.
Die beste opsie is om beide ‘n mediese fonds hospitaal plan en ‘n hospitaal kontant terug plan te hê. Dis twee verskillende polisse en hulle bied verskillende voordele en die beste dekking.