Die feit is dat daar geen enkele versekerings maatskappy of plan is wat goedkoper is as die res en dieselfde voordele bied nie.  As dit by versekering kom, kry jy waarvoor jy betaal.

Wat bekostigbaar is hang af van persoon tot persoon.  Wat bekostigbaar is vir een persoon mag dalk nie bekostigbaar wees vir iemand anders nie.  Diegene wat duurder hospitaal planne kan bekostig, ontvang meer voordele.  Daarom is dit belangrik dat verbruikers kyk na wat hulle kan bekostig en soek vir ’n hospitaal plan wat bekostigbaar is vir hulle.

Dit is belangrik dat verbruikers die verskillende hospitaal planne verstaan en vergelyk.  Verskillende hospitaal planne het verskillende kostes en voordele.  Mediese fonds hospitaal planne bied meer mediese dekking en kos meer as hospitaal kontant terug planne.

KRY 'n KWOTASIE
Kies vanaf 12 mediese fondse








As jy opsoek is na ’n mediese fonds hospitaal plan maar op ’n streng begroting is, kyk eerder na ’n mediese fonds hospitaal plan wat jou beperk tot net sekere privaat hospitale.  Goedkoper hospitaal kontant terug planne kan verkry word deur ’n laer kontant uitbetaling opsie te kies en sodoende ’n laer premie te betaal.

Dit is ook ’n goeie idee om ’n makelaar aan te stel.  Dit is die makelaar se plig om die beste plan en prys vir jou te soek en te voorsien.  Die internet is ook ’n goeie opsie om te soek vir die beste produk en prys vir jou begroting.