‘n Kultuur van swak besparingsgewoontes tesame met die stygende lewenskoste, is dikwels hindernisse vir vroeë aftrede onder Suid-Afrikaners. So wanneer is die beste tyd om te begin spaar?

Dit is nooit te vroeg om te begin spaar vir aftrede nie, en hoe vroeër Suid-Afrikaners begin, hoe beter is die langtermynuitslag. Die beste tyd om te begin spaar vir aftrede is wanneer jy ‘n gereelde inkomste begin verdien. Dit sal afhang van die finansiële behoeftes en bekostigbaarheid van die individu. Daar is ‘ n aantal voordele om vroeg te begin, maar twee van die belangrikste faktore is die krag van saamgestelde rente en die randkoste-gelykstelling.

Hoe baat saamgestelde rente jou besparing?

‘n Eenvoudige verduideliking is dat saamgestelde rente jou toelaat om rente op rente te verdien, en dit gebeur van jaar tot jaar oor ‘n lang tydperk. Jou aftreespaargeld sal aansienlik groei, sodat jy nader kan kom om jou aftreedoelwitte te bereik. Dit is ‘n konsep wat die meeste mense verstaan, anders as die Randkoste-gelykstelling aspek.

Wat is Randkoste-Gelykstelling?

Randkoste-gelykstelling is ‘n konsep om ‘n gereelde hoeveelheid geld, soos jou uittree-annuïteitspremies, oor ‘n lang tydperk te belê. Die voordeel van randkoste-gelykstelling is dat deur in ‘n gereelde maandelikse premie te belê, jy dan in staat is om eenhede te koop teen wisselende pryse oor ‘n tydperk. Op ‘n wisselvallige aandelemark kan die voordeel van randkoste-gelykstelling jou toelaat om aandele of eenhede van ‘n portefeulje teen ‘n goedkoper prys te koop wanneer die markte afwaarts neig.

Prioritiseer jou finansiële behoeftes

Ouderdom alleen behoort nie jou enigste bekommernis te wees wanneer jy vir jou finansiële toekoms beplan nie. Soek finansiële advies en met die hulp van ‘n finansiële beplanner stel ‘n finansiële plan op, en prioritiseer jou finansiële behoeftes en finansiële doelwitte. Byvoorbeeld, verseker dat jou gesondheidsorgbehoeftes voorsien word, verseker dat jou afhanklikes (indien enige) finansiële sekuriteit het in die geval van jou dood en belê in ‘n uittree-annuïteit, is prioriteite wat van toepassing is vir die meeste mense.

‘n Goeie mediese fonds kan sorg vir die meeste van jou gesondheidsorgbehoeftes, terwyl lewensversekering noodsaaklik is as jy finansiële afhanklikes het. Met aftreespaargeld kan daar ‘n aantal opsies tot jou beskikking wees, hoewel ‘n uittree-annuïteit steeds een van die meer gerieflike en belastingdoeltreffende opsies is.

‘n Uittree-annuïteit is ‘n belastingdoeltreffende spaarplan wat belastingverligting bied in jou jare van indiensneming en boonop verseker dat jy tot jou aftreebesparing verbind. Hoe vroeër jy in ‘n uittree-annuïteit begin belê, hoe meer realisties is die kanse dat jy jou aftreespaardoelwitte kan bereik.

Belastingvoordeel van Uittree- Annuïteit

Ingevolge S 11 (n) van die inkomstebelastingwet, trek ‘ n belastingbetaler die bydraes vir uittree-annuïteit af om hul belasbare inkomste te verminder. Die maksimum toelaatbare bydraes is soos volg:

‘n Persoon wat bydra tot ‘n uittree-annuïteit kan die volgende aftrek:

  • Die grootste deel van 15% van nie-aftredebefondsing belasbare inkomste, (uitgesluit enkelbedrag pensioenfondse of skeidingsvoordele);
    OF
  • R3500 minder toelaatbare pensioenfondsbydraes;
    OF
  • R1750

Verandering in die aftrekkingsformule sal vanaf 1 Maart 2016 van toepassing wees. Die belastingbetaler kry ‘n gekombineerde aftrekking vir alle bydraes tot ‘n pensioen-, voorsorg- en uittree-annuïteitsfonds. So ‘n aftrekking is gelyk aan 27,5% van die grootste vergoeding of belasbare inkomste van ‘n belastingbetaler, onderhewig aan ‘n jaarlikse limiet van R350 000. Bydraes waarvoor geen aftrekking toegelaat word nie, omdat hierdie limiete in ‘n spesifieke belastingjaar oorskry word  sal geag word as bygedra in die volgende jaar vir die doeleinde om te eis vir ‘n aftrekking in daardie belastingjaar.

Belasting van Uittredingannuïteitsfonds Uitbetaling

By aftrede word een derde van die totale opbrengs in kontant betaal en die oorblywende tweederdes voorsien ‘n pensioeninkomste. Belasting op die een derde is soos volg:

  • 0 – R500 000 belasting betaalbaar nul van belasbare inkomste.
  • R500,001- R700,000 belasting betaalbaar R0 plus 18% van die belasbare inkomste wat R500,000 oorskry.
  • R700,001-R1,050,000 belasting betaalbaar R36,000 plus 27% van die belasbare inkomste wat R700,000 oorskry.
  • R1,050,001 en hoër belasting betaalbaar R130 500 plus 36% van die belasbare belasting wat meer is as R1,050,000.

 

Verwysings:

  1. Belasting van voordele. Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT)