‘n Begrafnis plan is die enigste versekerings produk wat dekking bied aan pensioenarisse en seniors. Meeste versekerings verskaffers sal nie iemand oor ‘n sekere ouderdom aanvaar nie. ‘n Begrafnis plan is die enigste polis wat dekking bied vir pensioenarisse en seniors tot en met 65 jaar oud. Daar is sekere begrafnis planne wat seniors sal dek tot en met 75 jaar oud.
As ‘n senior kan jy gedek word op ‘n enkel polis plan, as ‘n egpaar of as deel van die gesin met jou volwasse kind as die hooflid. Die beste koste-effektiewe opsie is om dekking te kry op jou kind se familie begrafnis plan. ‘n Familie begrafnis plan dek jou kind, hul lewensmaat, die kleinkinders en ouers en grootouers kan ook tot die polis bygevoeg word vir ‘n beter premie.
Begrafnisse planne is een van die goedkoopste versekerings produkte in Suid-Afrika, maar hoe later jy ‘n begrafnis plan kry, hoe meer gaan dit jou kos. Dit is belangrik om rond te kyk na ‘n plan wat jou die beste pas, want elke versekeraar het verskillende kondisies as dit kom by ouderdom en kostes.