Begrafnis planne is ‘n goedkoop versekerings produk in Suid-Afrika, maar hoe later jy aansluit vir dekking, hoe duurder word dit in maandelikse premies. Meeste begrafnis planne bied dekking tot en met die ouderdom van 65 jaar van ouderdom.
Slegs ‘n paar versekeraars is bereid om dekking te bied tot op die ouderdom van 75 jaar, maar slegs as die lid dekking begin het voor die ouderdom van 75.
Die opsies vir versekering word baie beperk teen die ouderdom van 80 jaar. Selfs bestaande lede wat vroeër aangeteken het kan vind dat hul dekking sal wegval. Geen versekeraar of selfs skema sal ‘n nuwe lid van 85 jaar dek nie.
Die beste opsie vir mense ouer as 75 jaar is ‘n begrafnis skema. ‘n Begrafnis skema het nie dieselfde beperkings as begrafnis versekeraars nie. Lidmaatskap mag nie geweier word nie, maar ‘n groot deposito en hoe maandelikse premies mag dalk vereis word vir laat aansluiting.