Meeste versekeraar sal mense met MIV en vigs dek, maar met kondisies wat die uitbetaling aan jou familie sal vertraag. Daarom is dit belangrik om ’n begrafnis plan uit te neem so vroeg as moontlik sodat jou familie kan eis ten tyde van jou afsterwe.
As jy MIV positief is ten tyde van die ondertekening van die begrafnis plan, kan jou familie nie eis vir 24 maande vanaf die begin datum van die polis nie. Die maandelikse premies sal nog steeds betaal moet word gedurende hierdie 24 maande.
As gevolg van die hoë gesondheidsrisiko wat verband hou met MIV, is die maandelikse premies hoër vir mense met MIV/Vigs. Die rede hiervoor is dat die versekeraar ’n risiko neem en daarvoor opmaak met hoër premies en langer wagtydperke.
Die hoër kostes van begrafnis versekering moet jou nie afsit om ’n begrafnis plan uit te neem nie. ’n Begrafnis plan is daar om jou familie te beskerm teen die duur kostes van jou begrafnis.