’n Familie begrafnis plan is ’n enkel polis wat die hele familie dek in die geval van ’n dood. Hoe meer lede gedek is onder ’n enkel polis, hoe goedkoper is dit per lid. Daarom is familie begrafnisdekking die beter opsie in terme van kostes.
Familie begrafnis planne bied dekking vir die pa, ma en kinders teen ’n vasgestelde fooi en sommige polisse sal ook jou skoonseun en skoondogter dek teen geen ekstra koste. Die uitbetaling vir die individue sal net kleiner wees.
Jou ouers en skoonouers kan ook gedek word onder jou familie begrafnis plan, maar jy sal ’n bykomende premie moet betaal. Die bykomende premie vir jou ouers en skoonouers is gewoonlik hoër as hulle ouer as 65 is.
Die begrafnis plan betaal kontant uit in die geval as jy of enige versekerde familielid sterf. As die dekking deur ’n begrafnisondernemer of begrafnisdiens verkry is, sal geen kontant uitbetaal word nie en net die begrafnis kostes gedek word.