Meeste versekerings polisse het ’n wagtydperk in plek die oomblik wat jy aanteken vir dekking en dieselfde geld vir begrafnis planne. ’n Wagtydperk is ’n periode waartydens jy nie kan eis vir ’n uitbetaling nie.
As ’n versekerde lid sterf as gevolg van ’n natuurlike oorsaak, soos ’n hartaanval, is daar ’n wagtydperk van 12 maande in plek. Dit beteken dat jy eers kan eis 12 maande na die begin datum van die polis.
Daar is geen wagtydperk vir sterftes veroorsaak deur ’n ongeluk en die polis sal dadelik uitbetaal omdat dit ’n onvoorsiene gebeurtenis is.
Voorafbestaande siektes het ’n wagtydperk van 24 maande. Dit beteken as ’n familielid ’n hartkwaal het ten tyde van ondertekening van die polis en die familielid sterf, dan kan jy eers eis na 24 maande na die begin datum van die polis.
Wagtydperke is in plek om die versekeraar en verbruikers te beskerm. Sekere mense neem dekking uit net voor die dood sonder om voldoende bydraes te maak tot die fonds. Dit gebeur dikwels met selfmoord en MIV gevalle waar die dood nie onvoorspelbaar is nie.