Dit is nooit te vroeg om te begin spaar vir jou aftrede nie, en hoe gouer jy dit doen, hoe groter is die kanse dat jy gemaklik sal aftree. Jy mag dalk jou finansiële verpligtinge her-evalueer vroeg in jou lewe om jou sekuriteit te verseker wanneer jy ouer word.

Volgens die Raad op Finansiële Dienste (RFD) is slegs 6% van Suid-Afrikaners finansieel onafhanklik by aftrede. Die oorblywende pensioentrekkers is afhanklik van die staat en hul families en vriende. As ons vergelyk word met die ander lande wat die BRICS-nasies vorm, is ons agter die Chinese wat minder verdien as Suid-Afrikaners, maar dit regkry om bykans 50% van hul BBP te bespaar, en Indië ongeveer 30% en Brasilië 25%.

Saamgestelde Rente vs Koste van Vertraging

Die krag van saamgestelde rente bevoordeel die belegger wat vroeg in hul werksjare begin spaar. Saamgestelde rente stel jou in staat om rente op rente te verdien en sodoende konstante groei op die oorspronklike belegging moontlik te maak. Hierdie verskynsels is van aansienlike belang en bevoordeel ‘n belegger wat begin spaar vir aftrede in sy vroeë jare van indiensneming.

Die omgekeerde voordeel van verdienste op saamgestelde rente op jou belegging, is die koste om baie later in die lewe te begin belê. Die koste van die vertraging is die vertraging in belegging, die saamgestelde rente wat verlore gaan met die vertraging van die belegging het ‘n beduidende invloed op die netto opbrengs. Jy moet so vroeg as moontlik in jou werksjare ‘n afreespaarplan begin.

Begin Bespaar met die Einddoel in Gedagte

  • Om ‘n idee te hê van die manier waarop jy in jou aftreejare wil leef, is ‘n goeie plek om te begin beplan vir aftrede.
  • Praat met die kundiges en stel ‘n aftreeplan op. Die uitkoms van die plan moet jou ‘n idee gee van hoeveel jy moet belê om jou aftreedoelwit te bereik.
  • Begin so vroeg as moontlik in jou loopbaan te spaar om voordeel te trek uit die saamgestelde rente wat jy op jou belegging verdien.
  • Stel ‘n maandelikse begroting op en verminder onnodige uitgawes. Suid-Afrikaanse verbruikers skuld soveel as 75% van hul maandelikse inkomste aan krediteure, volgens die skuldbestuursmaatskappy Debt Rescue.

Dit is duidelik dat jy ‘n groter kans het om met finansiële sekerheid af te tree as die aftreespaarplan vroeg bewerkstellig word en dit tot en met die tyd van aftrede gehandhaaf word.